Obama se swanesang

Barack Obama het sy laaste amptelike toespraak gelewer voor hy op 20 Januarie vervang word as president van Amerika, en het tydens die toespraak pleidooie gelewer vir die toekoms waaraan hy waarskynlik self nie voldoen het nie.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder wat die Obama regering se handelinge oor die afgelope agt jaar noukeurig gevolg het.

Obama het gevra dat daar openheid moet wees, maar het dikwels vreemde gedrag getoon soos toe hy nie Amerika se vetoreg in die Veiligheidsraad gebruik het om ’n dekades lange bondgenoot te ondersteun nie.

Hy het ook gepleit dat demokrasie toegepas word, maar kenners meen dit is ’n geykte stelling, want die VSA het ’n sterk demokratiese bestel.

Etlike duisende linkses het na sy toespraak geluister en hom staande toegejuig en selfs gevra dat hy nog vier jaar moet regeer, wat volgens die land se grondwet, nie toelaatbaar is nie.

Politieke ontleders sê Obama se swanesang het nie beïndruk nie, behalwe die linkses van Amerika wat hom op die hande wil dra, maar duisende Amerikaners is van mening dat hy Amerika se swakste president was wat oor die afgelope agt jaar weinig invloed uitgeoefen het op internasionale gebied.

Verskeie omstrede projekte wat in sy termyn tot stand gebring is, soos die mislukte ObamaCare gesondheids-plan, gaan deur die Republikeinse regering herroep en vervang word met ’n effektiewe stelsel.

Foto – Barack Obama